Wie is Ons

 

 

Die Volksverootmoedigingsaksie (VVA) is ’n aksie met

 die Woord van God as enigste grondslag met die

 doel om volksgenote in verootmoediging voor Hom te verenig.

 

Die huidige omstandighede noop ons om meer na

 die grondwaarhede van ons volksbestaan te vra.

 

Die boustene daarvoor is gesinne wat in en deur ware geloof in God

almagtig saamgebind is. Dit is ons oortuiging dat dit bereik kan word

deur die herstel van die huisaltaar teneinde opnuut ons verbondsverpligtinge

 te verneem. Sodoende sal gesinsverbrokkeling en dissiplinêre

verval wat tekenend van ons tyd is teengewerk, familiebande

herstel en kinders toegerus word om in hierdie verwarde wêreld

koers te kan hou met die oog op God gerig.

 

 Ons nooi u uit om saam met ons dié vrugbare

verootmoedigingspad te loop.

 

 

 

 

 

Afstanddoening-Disclaimer

 

Vir beste resultate bekyk met 800 x 600 piksel resolusie

Kopiereg © 2003 - 2011 Smalladds.com. 

Hierdie webwerf is ontwerp en word onderhou deur Smalladds.com. Stuur 'n e-pos aan ons Webmeester met enige kommentaar.