|
PERSOONLIKE SONDES EN VERSUIME
• Die onbetrokkenheid en verwaarlosing van die saak van die
Here. Ons lees en bestudeer nie meer Die Bybel en ons bid
nie meer in ‘n gesindheid van erkentlikheid en ware
afhanklikheid van God nie. (In Jak 4:3 word die aandag
daarop gevestig dat ons ,reg’ moet bid, anders sal ons nie ,ontvang’
nie. M.a.w ons gebede sal nie verhoor word nie.)
• Ons is ongehoorsaam aan die wil en die opdragte van die
HERE.
• Die verwaarlosing van die gesinslewe en gesinslede.
Kinders word sonder meer in die hande van ’n goddelose
onderwysstelsel gelaat, sonder om hulle met die wapenrusting
van God toe te rus..
• Die gees van materialisme. Geldmaak en ryk word geniet die
hoogste prioriteit en in die proses ontsien ons niks en
niemand nie. Kinders word in dié klimaat groot, word
meegesleur en dit word vir hulle ’n lewensnorm.
• Die gees van gemaksug en selfsug (wil nie meer kinders hê
nie en lewer die kinders aan die sorg van volksvreemdes uit
sodat ouers vry kan wees vir sosiale verkeer en genietinge
buite gesinsverband; kinders word geld in die hand gestop om
hulle eie vermaak buitenshuis te gaan vind.)
• Die gees van twis en tweedrag. Weier om met geloofsgenote
saam te werk in die uitbouing van God se saak binne
volksverband.
• ’n Gees van hoogmoedigheid i.p.v. ootmoedigheid.
• Algemene afgodediens. Sport, genot, plesier, modegiere,
ens. wat belangriker is as om God met toewyding en oorgawe
te dien. Voeg die verraderlike geluksgodin (dobbel) hierby.
Hoe lyk die balansstaat as ons die entoesiasme, toewyding en
tyd wat ons aan hierdie sake wy, met die beoefening van ons
godsdiens vergelyk? Is dit in balans, te meer, wat sê dit
vir ons waar ons prioriteite lê.
VOLKSONDES EN VERSUIME
• Ons laat as volk sienderoë toe dat God Drie-enig met ander
afgode gelyk gestel word en ons kinders word in die openbare
skole aan hierdie sinkretistiese benadering onderwerp.
• Van die dag van die HERE word ’n handelsdag, sportdag,
plesierdag, koerantdag ens. gemaak en ons volksgenote doen
lustig daaraan mee. Daar is ‘n sterk element van
vormgodsdiens onder ons mense teenwoordig – verwys Jes 29:13
en Mat:15:8.
• Uit elke twee huwelike beland een in die egskeidingshof
met die hartseer en ontwrigting wat daarmee vir die
kindertjies gepaard gaan.
• Ons is as volk verward, onkundig en verdeeld en niemand is
oënskynlik daaroor bekommerd dat ons op die pad van
selfvernietiging voortploeter nie.
• Euwels soos partyskappe, twis en tweedrag tier welig in
die volkstuin en ons wek die indruk dat ons hoogs tevrede is
met onsself want dit lyk nie of daar ’n daadwerklike poging
aangewend word om sulke euwels te oorkom nie.
• Ons leiers verraai ons en ons verraai mekaar elke dag vir
’n bietjie eer, geldelike gewin of ’n bietjie status in die
oë van diegene wat eintlik ons vyand is, want onthou, ons
leef onder ‘n sekulêre bewind en Christus het onomwonde gesê
dat dié wat nie vir Hom is nie, is teen Hom. As Christene.
wat Hom liefhet en dien moét ons diesulkes as vyande binne
hierdie konteks ag. ’n Verdere verdoemende uitspraak van
Christus was dat diegene wat Hom voor die mense verloën, sal
Hy voor Sy Vader verloën! Ons moet dus daarteen waak om nie
ernstig te oortree deur te swyg, óf deur ons gedrag nie.
• Geloftes teenoor God soos dié van Bloedrivier en van
Riebeeck om enkeles te noem word nie nagekom nie, trouens,
hoeveel volksgenote is nog vertroud daarmee? Dink gerus na
oor ander geloftes en beloftes wat net so belangrik is.
Laat ons soos Dawid in Psalm 51: 9 die Here soos volg vra –
,Ontsondig my met hissop, dat ek kan rein wees; was my,
dat ek witter kan wees as sneeu.’
Opgestel deur die Volksverootmoedigingsaksie (VVA)
Webtuiste:
www.bidsaam.co.za vonkpos:
vva@bidsaam.co.za
|