Sonde en Versuim in die volkshuishouding

 

Laai dokument af in PDF formaat >> hier

 

PERSOONLIKE SONDES EN VERSUIME

• Die onbetrokkenheid en verwaarlosing van die saak van die Here. Ons lees en bestudeer nie meer Die Bybel en ons bid nie meer in ‘n gesindheid van erkentlikheid en ware afhanklikheid van God nie. (In Jak 4:3 word die aandag daarop gevestig dat ons ,reg’ moet bid, anders sal ons nie ,ontvang’ nie. M.a.w ons gebede sal nie verhoor word nie.)
• Ons is ongehoorsaam aan die wil en die opdragte van die HERE.
• Die verwaarlosing van die gesinslewe en gesinslede. Kinders word sonder meer in die hande van ’n goddelose onderwysstelsel gelaat, sonder om hulle met die wapenrusting van God toe te rus..
• Die gees van materialisme. Geldmaak en ryk word geniet die hoogste prioriteit en in die proses ontsien ons niks en niemand nie. Kinders word in dié klimaat groot, word meegesleur en dit word vir hulle ’n lewensnorm.
• Die gees van gemaksug en selfsug (wil nie meer kinders hê nie en lewer die kinders aan die sorg van volksvreemdes uit sodat ouers vry kan wees vir sosiale verkeer en genietinge buite gesinsverband; kinders word geld in die hand gestop om hulle eie vermaak buitenshuis te gaan vind.)
• Die gees van twis en tweedrag. Weier om met geloofsgenote saam te werk in die uitbouing van God se saak binne volksverband.
• ’n Gees van hoogmoedigheid i.p.v. ootmoedigheid.
• Algemene afgodediens. Sport, genot, plesier, modegiere, ens. wat belangriker is as om God met toewyding en oorgawe te dien. Voeg die verraderlike geluksgodin (dobbel) hierby. Hoe lyk die balansstaat as ons die entoesiasme, toewyding en tyd wat ons aan hierdie sake wy, met die beoefening van ons godsdiens vergelyk? Is dit in balans, te meer, wat sê dit vir ons waar ons prioriteite lê.

VOLKSONDES EN VERSUIME

• Ons laat as volk sienderoë toe dat God Drie-enig met ander afgode gelyk gestel word en ons kinders word in die openbare skole aan hierdie sinkretistiese benadering onderwerp.
• Van die dag van die HERE word ’n handelsdag, sportdag, plesierdag, koerantdag ens. gemaak en ons volksgenote doen lustig daaraan mee. Daar is ‘n sterk element van vormgodsdiens onder ons mense teenwoordig – verwys Jes 29:13 en Mat:15:8.
• Uit elke twee huwelike beland een in die egskeidingshof met die hartseer en ontwrigting wat daarmee vir die kindertjies gepaard gaan.
• Ons is as volk verward, onkundig en verdeeld en niemand is oënskynlik daaroor bekommerd dat ons op die pad van selfvernietiging voortploeter nie.
• Euwels soos partyskappe, twis en tweedrag tier welig in die volkstuin en ons wek die indruk dat ons hoogs tevrede is met onsself want dit lyk nie of daar ’n daadwerklike poging aangewend word om sulke euwels te oorkom nie.
• Ons leiers verraai ons en ons verraai mekaar elke dag vir ’n bietjie eer, geldelike gewin of ’n bietjie status in die oë van diegene wat eintlik ons vyand is, want onthou, ons leef onder ‘n sekulêre bewind en Christus het onomwonde gesê dat dié wat nie vir Hom is nie, is teen Hom. As Christene. wat Hom liefhet en dien moét ons diesulkes as vyande binne hierdie konteks ag. ’n Verdere verdoemende uitspraak van Christus was dat diegene wat Hom voor die mense verloën, sal Hy voor Sy Vader verloën! Ons moet dus daarteen waak om nie ernstig te oortree deur te swyg, óf deur ons gedrag nie.
• Geloftes teenoor God soos dié van Bloedrivier en van Riebeeck om enkeles te noem word nie nagekom nie, trouens, hoeveel volksgenote is nog vertroud daarmee? Dink gerus na oor ander geloftes en beloftes wat net so belangrik is.

Laat ons soos Dawid in Psalm 51: 9 die Here soos volg vra –

,Ontsondig my met hissop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.’

Opgestel deur die Volksverootmoedigingsaksie (VVA)
Webtuiste: www.bidsaam.co.za vonkpos: vva@bidsaam.co.za

 

 

 

Afstanddoening-Disclaimer

 

Vir beste resultate bekyk met 800 x 600 piksel resolusie

Kopiereg © 2003 - 2011 Smalladds.com. 

Hierdie webwerf is ontwerp en word onderhou deur Smalladds.com. Stuur 'n e-pos aan ons Webmeester met enige kommentaar.